| |
|
| |
|
|
 |
Nederlandse deelname
aan die AARDKLOP
KUNSTEFEES
in Potchefstroom
www.aardklop.co.za
TOEAC: Klassieke
Akkordeon Duo uit Nederland
In die Konservatorium
- 30 Sept om 14:30 en 02 Oct om 09:00
Die
uitsonderlike Nederlandse akkordeonduo TOEAC,
|
|
Renée
Bekkers en Pieternel Berkers,
slaan mense se asems weg met hul virtuose en
gevoelvolle vertolkings van musiek uit die
klassieke, avant-garde- en wêreldmusiekstyle. "Net
soos twee dansende swane vertolk die akkordeonduo
TOEAC musiekkomposisies soos 'n grasieuse ballet
waar die taal van musiek, gees en liggaam optimaal
vervloei." BN De Stem, Nederland. |
| |
|
Parlando Furioso
In die Konservatorium
- 02 Oct om 13:00
Dié Barokmusiek praat
met woede en bewys hoe vars, opwindend en
hartroerend vroeë musiek kan wees in 'n gemengde
program van instrumentale en vokale musiek. Met die
Nederlandse Barok-ensemble Furor Musicus, en soliste
Linda van Coppenhagen en Jaco Klopper in die
Handel-kantate Apollo e Dafne. |
| |
|
Concerto delle donne
In die Konservatorium
- 01 Oct om 14:30
Pragtige jong stemme wat liefde, leed en jaloesie
trompop pak. Ná verlede jaar se sukses met Il Caro
Sassone begelei die Nederlandse Barok-ensemble Furor
Musicus, onder leiding van Antoinette Lohmann, die
jong Suid-Afrikaanse soprane Lente Louw, Linda van
Coppenhagen en Elsabe Louw in 'n konsert met
virtuose vokaalmusiek uit die 18de eeu. |
| |
|
 |
Eight Seasons with
Daniel Rowland and COSA
Sanlam Auditorium - 03
Oct at 14:00
"Rowland caused a stir
in our concert halls with his absolute immersion in
the music, always completely at the service of the
composer." The brilliant violinist Daniel Rowland
and COSA will combine Astor Piazzolla's Four Seasons
with the Vivaldi composition of the same name:
perhaps the best-known piece of classical music
there is." Supported by the Muziek Centrum
Nederland. |
|
Visit
www.aardklop.co.za
for information on the performances of the Ensemble
FUROR MUSICUS on 01 and 02 October 2010. |
| |
|
|
A GENTLE
INVASION deur AUKE DE VRIES
Pretoriase Kunsmuseum - 19 Augustus tot 14 November
2010
Die aantrekkingskrag van die beeldhouwerke van Auke
de Vries is geleë in hul digterlikheid en ligtheid,
die ewewig van hul konstruksie wat dikwels aan 'n
waagstuk grens en hul verrassende vorms en fatsoene.
(lees
meer) |
| |
|
Arts Flanders
is ’n opwindende e-pos
nuusbrief wat informasie bevat van die kunste in
Vlaandere asook internasionaal. Die nuusbrief is die
initiatief van ses Vlaamse kulturele organisasies.
(lees
meer)
Besoek
www.artflanders.be vir
meer inligting en om ’n gratis in te skryf. |
| |
|
| |
|